Die Getroud met Rugby-ster Leandie du Randt en haar kêrel van twee jaar, Alex Pires, was onlangs in Griekeland. Sy deel hul reisfoto's en vertel aan SARIE.com waarmee sy nou besig is.

My ervaring van Griekeland was amazing! Ek kan dit vir enigiemand aanbeveel!

Hoe kry Leandie dié fietse lyf? Lees hier!

Die Griekse kos is definitief een van my gunsteling dinge van dié land! En natuurlik al die verskillende strande op Mykonos waarvan jy kan kies!

Só maak jy die Griekse gereg Moussaka

As ek Mykonos kan opsom is dit 'the island that never sleeps' ...

Kyk hier na Christi en Nico Panagio se Griekse vakansiefoto's

Athene is 'n lekker stad vir inkopies en het pragtige toeriste-aantreklikhede.

Lees meer hier oor Nico en Christi Panagio se tweede wittebrood :"Ons groot, vet (tweede) wittebrood"

Dit is jammer Athene is so vol graffiti, maar tog maak dit deel uit van jou ervaring van dié antieke stad!

Waarmee hou Leandie haar nou besig?

Leandie het reeds 'n naam vir haarself as aktrise gemaak. Nie net is sy bekend vir haar rol in Getroud met Rugby nie, sy het ook in films soos Egoli: The Movie, Semi-Soet en Klein Karoo gespeel. In September kan sy ook in die rolprent Windpomp gesien word.

En dit is 'n besige paar maande wat vir haar voorlê. Sy begin in September skiet aan die tweede reeks van Vlug na Egipte, en daarna aan die nuwe sitkom Kloofstraat. Sy gaan ook in Welkom by die Schoemans speel wat volgende jaar uitgereik word.

Boonop het dié slimkop haar eie boek geskryf. Dit is gemik op tienermeisies en gaan daaroor hoe om gemaklik te wees in jou eie vel. Dié boek is nog nie gepubliseer nie, maar hou sarie.com dop vir meer inligting hierrondom.