"Ons dogtertjie se naam gaan Ruby Tyler wees [Tyler is Jack se regte van], en volgens die dokter lyk sy gesond. Sover lyk my kanse vir 'n natuurlik geboorte baie goed, hoewel dit dalk vroeër kan wees as die aanvanklike datum," sê sy.

"Dit gaan great sover. Ek raak net te gou moeg vir alles wat ek nog wil doen! Ek's nou 9 maande swanger en ons het uiteindelik in 'n nuwe huis ingetrek.

"Ons het 'n groot agtertuin en wil in die lente met 'n groentetuin begin. Ons bly teen die berg, so die grond is goed."

Intussen het Jenna se vriendinne vir haar 'n ooievaarstee by Babylonstoren gehou. Jenna het op haar blog, Follow the Swallow, oor dié spesiale dag geskryf:

"Dit was als waarvoor ek gehoop het, en méér! Ek voel so geseënd met hierdie ongelooflike vroue in my lewe. Elkeen speel 'n belangrike rol op haar manier. Ons babadogtertjie is bevoorreg om vroue soos julle in haar lewe te hê. Wat 'n inspirasie!"

Jenna PietersenDie gaste by Jenna se ooievaarspartytjie

Hulle gaan haar Ruby noem

Jenna Pietersen

Lees die volledige blog en kyk na die res van die foto-album by Follow the Swallow. Foto's geneem deur Jenni Le Grange www.jennielizabeth.com