’n Week gelede is die krieketlegende Jacques Kallis en sy geliefde, Charlene Engels, in die Overberg getroud ten spyte van die brande wat die naweek oral daar gewoed het.

“Dit het Saterdagaand nog rondom die venue gebrand. Die reën Vrydagoggend was nie genoeg om al die vlamme te blus nie. Maar dis asof die kolletjie waar die venue was, teen alle vlamme beskerm was. Dit was regtig die Here se hand oor ons wat die vuur fisiek weggehou het,” het Charlene, plaaslike handelsmerkbestuurder van die Campari-groep, aan Lydia van der Merwe van SARIE gesê.

FOTO Verskaf

Die troue verskyn EKSKLUSIEF in SARIE se Maart-uitgawe, wat vanaf 25 Februarie te koop sal wees.

Intussen hou die paartjie wittebrood by die Coco Bodu Hithi-oord op die mooie Maledive-eilande.

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf

Die naweek het hulle ’n seekosbraai op die strand geniet - ’n mini-huweliksherdenking ná hul een week saam as getroudes.

FOTO Verskaf
FOTO Verskaf

"Ons het ook saam met Carolina, ’n mariene bioloog, gesnorkel. Ons het tussen seeskilpaaie en manta rogge geswem. Dit was ongelooflik," het mev. Kallis aan SARIE.com gesê. 

Saam met Carolina. FOTO Verskaf
FOTO Verskaf

Die paartjie word omtrent bederf en het selfs hul eie persoonlike bottelier en private toegang na die see. 

"Ons probeer elke skemerkelkie op die spyskaart. Lietjie-martini is beslis die beste!"

FOTO Verskaf