In die jongste episode van SARIE Voorbladgesig word SARIE en SARIE KOS behoorlik gevier. Vanjaar kondig ons nie net ons 10de Voorbladgesig-wenner aan nie, maar SARIE KOS word ook 10 jaar oud. ’n Mylpaal wat behoorlik gevier behoort te word!

Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, het die 10 finaliste met ’n pragtig gedekte tafel by Shepstone Gardens in die hartjie van Johannesburg bederf. Elke finalis is deur Magdel Muller, SARIE se mode-stilis, aangetrek in die nuutste somer-modes. Die pragtige foto’s verskyn in SARIE se November-uitgawe.

Die episode, kos én fotosessie het die kleure en geure van Montblanc Lady Emblem, hoofborg van SARIE Voorbladgesig, gevier. Dit was ook die eerste keer dat redakteur Michélle van Breda en die borge van die kompetisie die finaliste ontmoet het. 

Hier's agter-die-skerm-foto's:

Van die finaliste: Lieze Schlechter (LINKS), Chané Venter, Emari Grieselbach, Germa Gildenhuys en Charicke Carolus. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
In aksie: Charicke Carolus en Lieze Schlechter. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
Michélle van Breda, SARIE se redakteur, gesels meer oor die finaliste. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
Die finaliste Leandri Truter (LINKS) en Chané Venter word afgeneem. FOTO Instagram/
Phylis Green, SARIE se boekeredakteur, en Fanie Cronjé, SARIE se Styl- en sosiale redakteur, gesels oor die kuns van ’n goeie foto. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
Die spesiale fotosessie verskyn in SARIE se November 2018-uitgawe. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, lei die finaliste. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
Finalis Nelichea Richardson FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
Finalis Anya-Larissa Botha. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
'n Spesiale ete saam met die SARIE Voorbladgesig-borge Mont Blanc, Kalahari, Inoar, Isa Carstens Akademie en kykNET. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography
Finalis Mischke Joshua gesels oor die spesiale dag. FOTO Estee Oberholzer / Perdeblom Photography

Onthou om elke Dinsdagaand om 17:30 op kykNET (kanaal 144) in te skakel vir SARIE Voorbladgesig.

- SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Akademie, Kalahari en kykNET.