FOTO REGS: 'n Portefeulje-foto. Fanie Nel (fotograaf)en James Emanuel (stileerder) het dit geneem. Hulle kan jou mooier laat lyk as wat jy regtig is!

So is ek strand toe

My ma het 'n oog vir mode gehad en haar kinders van   kleins af geleer hoe om aan te trek. Op vakansie in  Umhlanga (ek was drie) is ek elke dag só strand toe, asof dit die norm was.

ma en dogter Dié foto is geneem vir 'n ma-en-dogter-kompetisie, maar ons het toe nooit ingeskryf nie.
in die Egoli ateljee Corine du Toit en ek in die Egoli-ateljee voor 'n partytjie-toneel waar die tema van die aand beroepe was. Ek was in die vloot en Corine 'n wildbewaarder.
Die drie 7de laners 'n Kuier saam met Illse Roos (middel) by Anna-Mart van der Merwe (links) se huis. Daar is vreeslik gespot oor dié drie donkerkopppe wat eendag saam in 'n stuk oor drie susters gaan speel.
Jana op ouderdom 10 by &aposn modeparade Ek (10) by 'n modeparade in Witbank. My ma het my en my sussie modelwerk laat doen toe ons klein was vir goeie postuur en selfvertroue. Ook ballet, moderne danse, gimnastiek en klavier.
Jana en Hannes se troudag My en Hannes se troudag in Desember 2006 op die oewer van die Blyderivier.
Jana, haar ma en suster, Anju My ma, Pikkie, is 'n ongelooflike vrou- sy het my geleer jy kan opstaan as die lewe jou platgeslaan het. My suster, Anju, was pas terug van Engeland.
Jana en haar suster Anju Saam met sus Anju op Hannes se verjaarsdag. Ons het altyd oor die weg gekom en nooit woes baklei as kinders nie. Sy's sterk, eerlik, warm en een van my beste vriendinne.
Jana en klein-sus bak modderkoekies Ek (8) en sus Anju (18 maande) bak modderkoekies. Ek was die koekerige meisietjie en sy was die stoomroller wat vir niks teruggestaan het nie.
Die Egoli meisies Die Egoli-meisies! Van links Mandi du Plooy, ek, Corine du Toit en Michelle Beling