Fourie “Ek en Pierre was saam op laer- en hoërskool. Hy was nie altyd ’n uitblinker-rugbyspeler nie en het aanvanklik op skool ook maar vir die B- en C-spanne gespeel, nes ek. Maar hy het later goed reggekom. Vandag oefen hy baie hard. Hy is gewoonlik ’n halfuur voor ons in die gimnasium en ná die tyd hou hy ook nog ’n ruk aan met oefen.”

Pierre “Fourie is iemand met wie jy lekker gesels. Hy sal jou altyd ’n eerlike antwoord op ’n mooi manier gee. Sy algemene kennis is baie goed en hy kan oor enigiets praat van sport en ekonomie tot wyn. Hy is ook ’n uitstekende gholfspeler; dis baie moeilik om teen hom te wen!”

Pierre se boek, More that Rugby is tans beskikbaar en word uitgegee deur Penguin-books.