Wat's die storielyn van The Bounty Hunter?
Ek speel 'n eks-polisieman wat werk kry as bounty hunter – iemand wat mense wat die hof ontduik, probeer opspoor. Hy kry opdrag om 'n joernalis te arresteer vir hierdie einste rede, en dit kom uit dat die joernalis sy eks-vrou is (gespeel deur Jennifer Aniston). En natuurlik gaan niks hom meer plesier gee as om haar agter tralies te sien nie!

Ek neem aan dit was 'n bittere, bitsige egskeiding?
Beslis. En ons het mekaar nog nie sedertdien gesien nie. Ons het mekaar mal gemaak! Beide se loopbane het in die pad van ons verhouding en die kans om 'n gesonde verhouding te hê, gestaan. My lewe het uitmekaar begin val as gevolg daarvan en ek was woedend vir haar. So, die geleentheid om haar te kon arresteer kon nie na 'n beter persoon se kant toe gekom het nie. Maar daar's probleme. Ek skuld mense geld, sy verklap sensitiewe inligting en korrupte polisiemanne is op soek na haar. Ek probeer haar in Los Angeles kry, sy probeer my by haar korrupte saak intrek . . . Dis 'n prettige jagtog!

En Jennifer? Sy's fantasties in hierdie rolle . . .
Sy's 'n pro. Ek dink sy gaan mense verbaas. Sy's wonderlik. Sy's sterk, bitchy en skerp – nie die sagte, oulike Jen aan wie mense gewoond is nie. Ek't haar nog nooit so gesien nie. En as persoon was dit so lekker om saam met haar te werk. Ons het meeste van die tyd saamgestem, dit het gevoel of ons magic maak. (Kyk die rooitapyt-foto's van hulle twee.)

Julle het die Golden Globes saam gedoen?
Ja, dis die minder ernstig, meer pret toekenningseremonie – as jy dít nie geniet nie, kan jy maar opgee. Jennifer het pragtig gelyk.

Waar bly jy nou?
Meestal in Los Angeles.

Laas toe ons gesels het, het jy my vertel hoe mal jy oor reis is. Is dit nou moeiliker om te reis as almal jou herken, oral waar jy gaan?
Ja, dinge het beslis verander, maar ek reis steeds baie. Ek was laasjaar vir 5 weke in Indië en in daardie groot stede weet niemand wie jy is nie. In die weke wat ek nie in die groot stede was nie, is ek nie een keer erken nie. Ek gaan nou begin met vlieglesse. Ek's gek oor avontuur, ek't onlangs weer gaan kamp en in 'n jet gevlieg. Wanneer ek nie werk nie, probeer ek niks doen nie, soms by vriende uithang, fiks raak, teater toe gaan . . . My loopbaan het goed opgetel die laaste ruk en ek't baie werk. Verfilming verg lang ure, en perskonferensies is 'n besige tyd. Wanneer ek 'n aftydjie het, is dit lekker om net op die eenvoudige dinge in die lewe te konsentreer.

Wil jy eendag 'n gesin hê?
Ja, ek dink so. Ek dink ek sal 'n goeie pa wees, wel, ek hoop so. My broer is 'n goeie pa, en ek't altyd gedog hy sal 'n slegte pa maak. Hy't eendag vir my gesê: "Dit maak seer as ek soggens werk toe gaan, want ek weet ek gaan my familie nie sien nie. Wanneer ek weggaan in die oggend, is al waaraan ek kan dink om hulle weer saans te sien."