In die nuwe Afrikaanse chick-fliek Susters het elk van die drie karakters hul eie styl, wat hul hare, klere én grimering betref. Vandag wys ons hoe jy soos Diaan Lawrenson in die fliek kan lyk - met al die produkte om die voorkoms te kry! Want daar's geen rede dat daar geheime tussen ons #SARIEsusters is nie ...

Diaan vertolk die rol van een van die drie aangenome susters, ’n mode-ontwerper in Engeland. Sy is sjiek en modieus, met nooit ’n haar uit plek nie en haar grimering altyd perfek. Teenoor haar twee susters, een ’n natuurliefhebber wat altyd op soek is na ’n avontuur (gespeel deur die sangeres Leah), en die ander ’n ma van vier wie se laaste kwelling modes of grimering is (Quanita Adams).

Die grimering vir Susters is deur ’n span van M.A.C gedoen. Gebruik hul produkte hieronder (alles te kry in M.A.C-winkels of winkels wat hul produkte aanhou) en grimeer jou vir die grootskerm!

Vel

Bevog jou vel met M.A.C Complete Comfort Cream en gebruik ’n bietjie van hul Prep and Prime Skin vir die middelste deel van jou gesig. Wend M.A.C Studio Fix Fluid Foundation met ’n #190-grimeerborseltjie aan. Vir kolle wat ’n klein bietjie meer bedekking benodig, kan jy hul Studio Finish Concealer gebruik.

Wange

Gebruik ’n #168-grimeerborseltjie om blosser liggies op jou wange aan te wend. M.A.C Blushbaby Blush is perfek.

Lippe

Smeer ’n bietjie M.A.C Prep and Prime Lip op jou lippe, effens oor die liplyn, aan. Wag so ’n minuut of wat sodat dit kan absorbeer en definieer dan jou lippe met die M.A.C Ruby Woo-potlood voor jy dit met die Ruby Woo-lipstiffie inkleur.

Afronding

Rond jou grimering af met M.A.C Fix+. Hierdie sproei sal jou vel hidreer en jou onderlaag sagter, amper soos dou, laat vertoon.

Susters begin op 30 Maart 2018 landwyd in rolprentteaters draai.

SARIE is ’n trotse mediavennoot van die fliek.

Lees nou

Ons fliek saam met Diaan, Leah en Quanita! #SARIEsusters

KYK: Jo Black en Leah se musiekvideo!

KYK: Die lokprent van Susters is hier!