SARIE-stilis Danny Toüa sê die hele idee van die sketse is om dit vir jouself te hou, maar ook om afskrifte te maak en dit met jou vriende te deel.

Danny wys 4 maniere hoe jy die sketse kan gebruik

Raam
1. Sit dié sketse in 'n mooi raam en skep 'n fokushoek in jou huis.
Servet

Maak 'n katoen-servet

  • Neem 'n katoenservet
  • Stryk dit plat en knip die afgerolde skets uit
  • Verf die hele skets met Picture Perfect op die gekleurde kant
  • Draai die nat skets om en plaas versigtig op die servet, rol al die lug-borreltjies uit
  • Laat dit oornag droogword
  • Neem 'n spons en maak die skets heeltemal nat
  • Vryf die papier met die punt van jou vinger todat al die papier af is en die skets sigbaar is.
  • Laat dit droogword en verf dan 'n laaste lagie van die Picture Perfect op die skets.
Geskenkboks

Maak 'n trougeskenk-boksie

As jy 'n troue moet bywoon en jy dink daaraan om vir die getroude paartjie 'n geskenkbewys te gee. Rol die trouskets af en trek die boksie-deksel daarmee oor. Plaas die geskenkbewys daarin en versier die boksie met 'n mooi lint.

Bottel wyn
Versier 'n bottel wyn

Knip die afgerolde skets uit met 'n kuns-skêr en vou dit om 'n bottel wyn met 'n stukkie growwe tou. Vat dit dan saam as 'n geskenk wanneer jy vir ete genooi word, of gee dit sommer 'n geskenk vir iemand

Hier is die vier verskillende sketse wat jy kan versamel:

Piet Grobler Skets
Piet Grobler Skets
Skets 1 Skets 2
Piet Grobler Skets

Skets 3 Skets 4