Maak jou reg vir Pick n Pay se splinternuwe, spesiaal ontwerpte inkopiesakke. Als ’n poging om weg te doen met plastieksakke, sê Nick Badminton van die supermarkgroep. Hoewel hul bekende groen inkopiesak, waarvan reeds 11 miljoen landwyd verkoop het, steeds te kry gaan wees, is die nuwe sakke in lyn met die maatskappy se beleid van omgee vir die omgewing.

Die wen-ontwerpe is uit 386 inskrywings gekies nadat Pick n Pay verlede jaar die wedstryd slegs op die internet bekend gemaak het. 54 569 verbruiker-stemme later is die wensakke gekies. En vroue het geseëvier: grafiese ontwerper Charlotte Coetzee (24) was die wenner (sien foto hierbo), met Jacci Rudling (44) en Susan Newham (23) in die tweede en derde plekke. Behalwe vir die wensak sal van die ander ontwerpe ook van tyd tot tyd gekoop kan word.

Susan Newham

3de plek - Susan Newham (23) se ontwerp

Die sakke (gemaak van natuurlike vesel wat plaaslik te kry is) word deur die vroue van Township Patterns in Khayelitsha vervaardig. Hulle is almal voorheen benadeelde vroue wat nou hul eie besigheid besit en bestuur. Township Patterns onderhou gewoonlik 21 vroue, maar hierdie sakke sorg dat 33 vroue nou werk het.

* Die sakke sal van Maart te kry wees teen R31,99 elk.

Nog finalis-ontwerpe:

Aaqilah Patel
Aaqilah Patel
Chloe Picton
Chloe Picton




Jacci Rudling

Jacci Rudling
(2de plek)

Lee-Ann Patrick
Lee-Ann Patrick




Lee-Ann Schmidt
Lee-Ann Schmidt
Lucy Picton
Lucy Picton