Errol (Christo Davids) het al vir baie spanning en drama in die Laan gesorg, en hierdie keer gaan dit dalk sy grootste toets tot op hede wees. Hy's mos nou verlief op die pragtige Janine, maar dinge is moeilik, want sy's met die verkeerde vriende deurmekaar.

Vanaand bied Janine vir Errol dwelms aan by 'n wilde partytjie.

Aangesien Errol uit 'n omgewing kom waar dwelms en misdaad aan die orde van die dag is, kan mens nie help om te wonder hoe hy sal reageer nie. Gaan Janine hom aftrek in die maalkolk van 'n dwelmverslaafde-lewe? Of sal Errol kan sterk staan en haar probeer help?

Belangrik: Die storielyn bevat ontstellende tonele en 7de Laan se vervaardigers beveel sterk aan dat ouers en hul kinders saam na hierdie storielyn kyk. Hopelik sal die gevare van dwelmmisbruik by almal tuisgebring word.