As jy nuut is met die AF-beweging (TAF? Tannie Aletta, insette?) – is hier ’n paar inleidende videos waar sy haarself voorstel. Uit die tannie se bek, julle outjies:

View this post on Instagram

A post shared by Tannie Aletta (@alettafrancina) on

View this post on Instagram

A post shared by Tannie Aletta (@alettafrancina) on

Ingelig? Goed. SARIE.com het gaan inloer by Aletta Francina. En dís wat dié tannie te sê het:

 

Op 28 Maart het jy die heel eerste keer ’n tannie Aletta Francina-video op Instagram gelaai. Wat het jou besluit om dit aan te pak?

Ek maak al sedert ek 15 is video’s, maar ek het hulle op verskillende platforms gedeel. Party op YouTube, party op Facebook. Al daai video’s is private gemaak, want geen mens hoef deur daardie aaklige kwaliteit vlogs, waar die klank klink of dit met ’n aartappel record is, te besigtig nie.  Vir die afgelope jaar was my ding 15 sekonde Instagram-stories en gereeld sou my handjie vol volgers vir my sê hulle soek langer video’s. Tannie Rona het toe vir my tyd en ’n audience gegee – my denkwyse was dat mense sit seker heeldag by die huis en kyk na Instagram, so miskien sal mense hierdie nonsens kyk? Ek is eintlik ’n voltydse trou-videograaf so ek het oorgenoeg om my mee besig te hou ... ek doen dit bloot omdat ek dit geniet.

  

Wie is Aletta Francina as sy nie ‘tannie’ is nie? Wat is die grootste wanpersepsie wat mense van jou het?

Ek is eintlik ’n groot introvert. Gee my ’n stage of sit my voor ’n kamera en ek sal my morsdood perform. Maar in my natuurlike habitat, rondom mense, is ek so rustig en stil soos ’n bosveld-spook.

 

Jy is skreeusnaaks met fantastiese sê-goed. As jy nou ’n T-hemp moes laat druk, watter woord sou op dit staan?

Ek sal graag ’n T-hemp wil hê wat lees “Hoeka-toeka ja ja!” maar ek sal eers vir tannie Carike vir toestemming moet vra. Ek geniet ook vir “luuks-lekker”.

FOTO Instagram / Aletta Francina

 

Het jy ’n besonderse voorliefde vir Carike Keuzenkamp se “Hoeka Toeka”?

Ek sing al saam met haar vanaf my kleuterdae, maar ek het verlede jaar hierdie treffer weer herontdek en dit toe as ’n bietjie van ’n grap begin sê en nou is dit deel van my daaglikse sê-goed.  

 

Waar kom jou voorliefde vir die kuns van wins- en vintage-kopies?

Toe ek 19 was het ek altyd na ’n barber in die Paarl toe gegaan om my hare te skeer - ek was ’n kaalkop vir 2 jaar. Reg oorkant dit was daar ’n tweedehandse winkel wat ek dan ook besoek het. Dinge het toe net handuit geruk en vinnig het dit sommer in ’n weeklikse uitstappie ontaard. Ek wou op skool altyd iets in die modewêreld word - ek het selfs ’n modeblog gehad! Al daardie winskopies het my toegelaat om te eksperimenteer met my styl, sonder om duisende rande by grênd plekke te moet spandeer - dis ook nou nie asof ek  duisende rande vir klere gehad het nie. Ek het selfs ’n tweedehandse winkel aanlyn begin, maar dit was in die tyd waar my trou-videografie begin optel het,toe besluit ek om liewers al my energie in my voltydse werk te sit. Om tweedehandse klere te verkoop, is in elk geval ontsaglik baie werk en ek is maar bietjie lui ... shame.  Op die oomblik bestaan meer as 90% van my klerekas uit tweedehandse klere, ek koop basies net skoene, broekpakke en ’n hoed hier en daar nuut.

 

Wat lê vorentoe vir tannie Aletta Francina? Gaan sy, soos Kanye West, vir president staan? ’n YouTube-kanaal of TV-program begin? [Ons hoop al drie]

Op die oomblik wil ek al my energie insit om hierdie Instagram-ding te bou en te groei. Die troubedryf is tot stilstand gedwing danksy tannie Rona, so ek probeer die beste te maak van hierdie tydperk, terwyl my skedule dit nog toelaat. Hierdie hele ding is vir my baie refreshing, omdat dit nie is wat ek al elke dag vir die afgelope 4 jaar doen nie. Ek dink ook eerlikwaar dis tyd vir iets nuuts, so ek is baie opgewonde om te sien wat hier uit gaan kom. Ek sal natuurlik ook ’n bietjie op die kassie wil verskyn, maar alles sal op die regte tyd gebeur. Ek is glad nie gejaag met hierdie hele storie nie.

FOTO Instagram / Aletta Francina

 

Jy is stadig maar seker besig om een van die land se bekendste tannies te word. Wat maak Afrikaanse tannies so uniek en enig in hul soort? 

Dit gaan als oor die RSG-stemtoon, my skatta.

 

Jy kan vir tannie Evita Bezuidenhout vir tee nooi. Wat sou jy haar vrae en wat sal saam met tee bedien word?

Wat is die geheim van consistency? Dit sukkel maar hier. Hierdie is nou teen al die wette van koek en tee in Suid-Afrikaners se huise, maar ons sal ons tee drink, ’n rustige stappie op die plaas, waar ek woon, behartig, en dan wanneer ons terug kom sal ons Woolies se Tripple Caramel-roomys op pannekoeke met ’n ekstra skeppie karamel en ’n Flake bo-oor eet.

FOTO Instagram / Aletta Francina

 

Wat is jou gunsteling-woord in Afrikaans?

Tamatie, ek wil een van my kinders eendag Tamatie noem, of ten minste hul middelnaam Tamatie maak. Dit gly so lekker affie tong.

 

SARIE se leuse vir 2020 is “Jy is Genoeg”. Sukkel jy ook soms om in daai leuse te glo én watter raad het jy vir mense wat sukkel om te glo hulle is genoeg?

Ag, ek dink ons almal sukkel daarmee. Ek het al lankal ’n whatever-houding ontwikkel – om in die troubedryf te werk verg ’n baie dik vel en daar is baie kompetisie, so dis maklik om te voel jy en jou werk is nie genoeg nie. Ek fluister maar elke nou en dan vir myself as ek dinge begin overthink: ‘My skatta, niemand worry nie, so hoekom worry jy?’

FOTO Instagram / Aletta Francina

 

Volg vir tannie Aletta hier