Amor is deur ‘n paar gespanne weke waarin haar “lewe verbrokkel het”.  Haar man, Joost van der Westhuizen, het verlede week uit die huis getrek.

Delyse sê nie een van Joost of Amor het nog die ander een om ‘n egskeiding gedagvaar nie.

“Daar is niks so moeilik as jou kind en kleinkinders deur ‘n moeilike tydperk gaan nie. Amor kry swaar, maar sy bly positief.”

Amor se konserte gaan steeds voort en sy is vir die volgende twee maande baie besig. Haar aanhangers kan steeds verwag om positiewe Amor op die verhoog te sien, sê sy.
“As haar ma en bestuurder is ek haar steunpilaar,” sê Delyse.

 

Amor kry swaar, maar sy bly positief." - Haar ma en bestuurder, Delyse

 

Amor tree vanaand by ‘n konsert in Dainfern, waar sy woon, op en Vrydagoggend in Midrand ten bate van die Walter Sisulu-harteenheid. Volgende week kom Nylstroom en Port Elizabeth aan die beurt.

“Ek weet nie hoeveel kilometers sy per maand aflê nie, maar dis baie. Sy doen gemiddeld ses konserte per maand en dan doen sy tussenin liefdadigheidswerk en motiveringspraatjies ook. Daar is nie nou tyd vir ‘n toer nie.”

Daarby is sy ‘n toegewyde ma vir Jordan (6) en Kylie (4).

Delyse sê Amor se nuutste CD, Glo altyd aan môre, wat in Oktober 2009 uitgereik is, is vol inspirasie en van die treffers is die liedjies Lag, Glo altyd aan môre en Dra my. Daar is nie op die oomblik planne vir ‘n nuwe CD nie.

“Hoewel Amor nie self die liedjies op Glo altyd aan môre geskryf het nie, weerspieël dit haar behoefte om ander te inspireer.”

Kan 'n proefskeiding werk?

Kan tyd weg van mekaar die krake in ’n huwelik heelmaak? Dit het Cindy Nell Roberts se ouers gehelp. Wat van Jonty Rhodes en Tiger Woods?

 

Amor bied ook Sondagaande van 23:00 tot 02:00 ‘n inspirerende geselsprogram, Amor, op Jacaranda 94.2 aan. Sy self vertel hoe haar luisteraars haar raad vra en hoe dit haar raak dat vroue mekaar so ondersteun.

Amor se webtuiste, www.amorvittone.co.za, met die titel Voluit! is ook tans onder nuwe konstruksie, sê Delyse. Op die ou webtuiste vertel Amor hoe “... alles begin met ‘n droom.” Die ou webtuiste groet die besoeker ook met die woorde: "Live like there’s no tomorrow... Dance like no ones watching... sing like no ones listening... love like you’ve never been hurt..." * Vir die nuutste inligting oor Amor se konserte, gaan na haar Facebook-blad. * Kyk die video, Glo altyd aan môre: