Watter beoordelaar se kommentaar tel die meeste in jou boekie?
Lloyd:
Almal van hulle s'n doen, maar Randall s'n weeg die swaarste, sou ek sê. Ek bewonder sy eerlikheid.

Bongi

Met watter internasionale groep sou jy graag eendag die verhoog wil deel?

Bongi: Dis maklik. Met ToTo, die legendes, en my gunsteling-groep.

Boki

Wat sou jy gewees het, as jy nie 'n sanger was nie?

Boki: As ek nie kon sing nie, sou ek 'n hip-hop-danser wou wees.

Elvis Blue

Jou top-10-gunsteling-liedjies van alle tye?

Elvis:
Where The Streets Have No Name (U2)
You Belong to Me (Jason Wade)
To Make You Feel My Love (Bob Dylan)
The Rising (Bruce Springsteen)
His Eye Is On The Sparrow (Negro Spiritual)
When we Dance (Sting)
How Can You Mend a Broken Heart (Al Green)
Romeo & Juliet (Dire Straights)
Hallelujah (Leonard Cohen)
Bridge Over Troubled Water (Simon & Garfunkle)

Sindi

Wie's jou grootste musiek-idol van alle tye?

Sindi: Michael Jackson. Want ek was mal oor sy ongelooflike verhoog-energie. Sy choreografie was ook verstommend en hy was altyd 100% voorbereid. Ek's ook mal oor die dramatiese manier waarop hy sy liedjies begin het. Hy was een van die grootste kunstenaars ooit, en ek wens om eendag op daardie vlak te kan perform.