Die top-10 Idols is pas aangewys.

Hulle is Pieter West, Sindi, Gail, Lloyd, Bongi, Adeline, Jamie-Lee, Boki, Elvis Blue en Jess.

Eerskomende Vrydagaand 3 September gaan die top-10 saam met die Idols-band by die Mosaïek Teatro in Fairlands, Johannesburg. Kaartjies is beskikbaar by Computicket vir R40 en R20. Die spesiale gas-beoordelaar is Kahn Morbee van The Parlotones, wie reeds in Johannesburg se uitdunrondtes 'n gasbeoordelaar was.

Wie's jou gunsteling Idols-deelnemer?