Sodra Dave tyd saam met sy familie en meisie, Jess Nolan, deurgebring het, gaan hy sy CD begin opneem, wat teen November op die rak sal wees.   

Hoe voel dit om as wenner weg te stap?
Dit voel of ek nie op hierdie planeet is nie. Dis ongelooflik. Ek wil ook net dankie sê aan al my ondersteuners.
 
Jy het vroeër vanjaar gesê jy gaan jou meisie vra om te trou as jy wen. Gaan jy dit nog doen?
Beslis! Sy is die liefde van my lewe, my sielsgenoot. Miskien vra ek haar volgende week. Dan kan ons hopelik volgende jaar trou. Wag, noudat ek R500 000 gewen het, kan ons dalk hierdie jaar al trou!
 
Wat was die grootste uitdaging van Idols?
Om weg te wees van my familie en vriende.

Hoe het jy tydens Idols ontwikkel?
Omdat ek weg was van my vriende, familie en meisie, moes ek my eie besluite neem. Ek kon hulle nie vir raad vra nie. Ek het geleer om my besluite te vertrou. Ek het ook geleer hoe om my hart en kop saam te laat praat. Ek is ’n emosionele ou en neem besluite met my hart. Ek moes leer om ook besluite met my kop te neem.

Enigiets waaroor jy spyt is?
Ek is spyt ek het nie “Bridge over troubled water” so goed gesing as wat ek kon nie, maar soms gebeur daar iets met jou op die verhoog wat jy nie kan verklaar of beheer oor het nie.