LIANIE MAY: VRYSTAAT SE SANG-SENSASIE
Hoekom wen sy harte?

Sukses val nie sommer in jou skoot nie. Daarvoor moet jy sing of jou lewe daarvan afhang, soos 3 van ons top-sangeresse – Lianie May, Nianell en Nádine – kan getuig. Die mans wat saam met hulle optree, vertel hoekom die kollig hulle liefhet.

STORIE VAN 2 PRINSESSE: 7 BLADSYE!
Charlene Wittstock & Grace Kelly

Vir die eerste keer sedert 1956 gaan daar ’n koninklike troue in die prinsdom van Monaco wees. Destyds het die Amerikaanse aktrise Grace Kelly glans aan dié klein land verleen, en nou is dit ons eie Charlene Wittstock. Ons vertel die verhaal van 2 prinsesse (Grace en Charlene) oor 7 bladsye met pragfoto's.

EKSKLUSIEF
Sy het al twee SAMA-toekennings vir beste kinderalbums gekry. Maar Nedine Blom (en haar ouer suster, Elmi) se eie kinderlewens was skrikwekkend seer.

Nedine Blom

Nedine Blom se pa, Freddie Brown, was haar held. Maar haar lewe het aan skerwe gespat toe sy op 13-jarige ouderdom uitvind hy het haar suster, Elmi, gemolesteer sedert dié drie was.

HOSH JA! Is Parow Jack se plek?

Jack Parow

Hy’s die een met die laaang keps, die gewilde Afrikaanse rapper met sy zef lirieke. Maar Jack Parow se hartsplek is nie ’n rokerige kroeg in Parow nie – hy verlang eerder na sy ouma en oupa se plaas in die Langkloof.

PRINSE OP OMGEE-SAFARI

William & Harry

Afrika se diere, sonsondergange, braaivleis en natuurlik die Wêreldbeker-sokkertoernooi was vir die Britse prinse William en Harry pure magic. En dit het by hul ma, prinses Diana, begin ...

WORD 'N BETER PA

Juanita du Plessis en manlief Doepie

Mans raak al hoe meer bewus van die belangrike rol wat hulle in hul kinders se lewe speel – ook op emosionele vlak. Hoe lyk vandag se pa’s?

EN ONTHOU JOU GRATIS VEELDOELIGE SAKKIE - EEN IN 5 TREFFER-KLEURE!

Gratis sakkies