Die gewilde plaaslike musiekgroep The Parlotones is ’n woelige klomp! Buiten die bekendstelling van hul jongste album, Journey Through the Shadows, is hulle ook gevra om in Junie en Julie vanjaar in Duitsland op te tree saam met die bekende rockgroep Snow Patrol* (en néé, hulle is beslis nie 'n Duitse rockgroep soos die drukkersduiwel in die Julie-uitgawe verkondig nie!).

Só vertel hoofsanger Kahn Morbee: Dis só opwindend! Die toer is ’n kombinasie van arena- en opelugvertonings met skares van meer as ?20 000 mense.

Watter liedjies gaan julle sing? Vier van ons albums is al in Duitsland uitgereik. Ons sal liedjies van al dié albums sing.

Is The Parlotones aanhangers van Snow Patrol? Ja, hulle skryf baie goeie, melodiese liedjies. Ek voel die kombinasie is ’n goeie match.

En die lekkerste van toer saam met ’n internasionale groep soos Snow Patrol? Dat ons by hulle kan leer!

(*Weet nie wie's Snow Patrol nie? Jy onthou nog daardie tranetrekkertoneel in Grey’s Anatomy toe Denny in Izzie se arms sterf terwyl Snow Patrol se liedjie Chasing Cars speel?)