Nuus24 het vandag berig dat Prins Harry se verhouding met Chelsy Davy aan flarde is ná sy aangekondig het dat sy na Afrika en haar gesin wil terugkeer. SARIE het vanmiddag (21 Junie) die koninklike korrespondent vir die Mail on Sunday en skrywer van William and Harry (Randomhouse Struik, R215), Katie Nicholl, gepols oor dié bewerings. Sy is tans op 'n Suid-Afrikaanse besoek saam met die twee prinse.

Volgens haar is dit moeilik om presies te sê of hulle vir ewig uit is aangesien dié twee al soveel keer hul verhouding verbreek en dan weer opgemaak het. Chelsy het besluit om haar te vestig in Zambië, waar haar ouers ook nou woon. "En `n langtermyn verhouding gaan dit moeilik maak tussen haar en Harry. Maar ek dink hulle is `n uitstekende paar en bring die beste in mekaar uit. Ek hoop hulle gaan tog iets uitwerk!“

Volg Katie Nicholl se blog hier.