Het jy M-Net gevra om in Survivor SA Maldives te wees? Nee, hulle het my gevra. Toe gaan jy vir die onderhoud? Al die mal toetse en medicals. Dis tog ’n lekker show om in te wees. Dis awesome! Dit het my uitkyk op die lewe verander. Ek waardeer goed nou meer. Soos? Dinge wat jy as vanselfsprekend aanvaar, soos kos en watter mense om jou is. Het jou spiere jou gehelp? Ek is eerder lenig en fiks as gespierd. O, oukei. Het dit jou gehelp om te oorleef op die eiland? Beslis. Dis goed om stamina te hê as jy aan Survivor deelneem. Ook om emosioneel sterk te wees. Daar’s beslis ’n rolverdeling in Survivor, soos die model en die feeks. Was jy die Adonis? Dis ’n groot kompliment as jy dink ek is ’n Adonis, maar ek twyfel. Ek sien myself nie so nie. Een ding is seker, wanneer die game begin, val goed soos voorkoms heeltemal weg. Dis dan wanneer uithouvermoë en morele waardes begin tel. Wat doen jou verloofde? Charné [Jade Slee] vaar baie goed as model. Sy’s die nuwe Miss FHM. Lee-Ann Liebenberg het dit ook al gewen.