Dit kan nie beter gaan met die sanger Jay nie. Nie net is sy vrou, Mia, weer swanger nie, hy is ook vir ’n Ghoema én Sama (South African Music Awards) benoem. Hy gesels met SARIE.com hieroor.

Oor vaderskap

Wanneer kom klein Luca?

Sy datum is die 12 Mei, maar mens weet nooit..

Hoe voel jy daaroor om weer pa te word?

Ek sal dit nog 20 keer kon doen - as ek Bill Gates was... Dit bly ’n ongelooflike ervaring en my seuns is alles vir my wat sin maak en belangrik is in die lewe.

Waarna sien jy die meeste uit van Luca?

Om te sien of hy so stoutgat is soos sy boeties...ek verkies dit so.

Mia met Aidan (links) en  Samuel (regs)  FOTO: Twitter Mia met Aidan (links) en Samuel (regs)
FOTO: Twitter

Hoe het julle sy naam gekies?

Kan nie eers onthou hoe ons daarby uitgekom het nie, maar die naam wat "Bringer of Light" beteken is perfek en het kop bo water uitgestaan.

Hoe ervaar jy Mia as swanger vrou?

Ek het baie simpatie en empatie en ek is baie bly ek is ’n man...

jay jpg

Wat doen jy om haar te bederf?

Soveel as moontlik, wanneer ek by die huis is.

Wat dink jy is die belangrikste deel van vaderskap?

Om seker te maak jou kinders word gebalanseerde volwassenes wat respek het vir ander en weet hoe om ten volle lief te hê en hulle oë nederig en dankbaar na Bo hou.

Oor sy Ghoema én Sama

Hoe het jy gereageer toe jy van die twee benoemings gehoor het?

Dit is altyd ’n lekker tipe skok as jy ’n benoeming kry vir jou werk.

Oor watter een is jy die mees opgewonde?

Die Sama-benoeming bly vir my spesiaal omdat dit ingestem en beoordeel word deur ’n paneel van musikante en industrie-peers, maar dit is ook lekker by die Ghoemas om te sien hoe jou fans inspring om vir jou te stem.

Wat motiveer jou om so hard te werk?

Dit is maar inherent ’n motivering wat opkom in alle areas van my lewe. Mens wil altyd jou beste gee.

En die groot nuus ...

Wanneer kan ons nog ’n album verwag?

Ek is baie opgewonde oor die heroplewing van Eden en die album waarmee ons besig is. Daar is ook nog ’n ander projek op pad wat nou te vroeg is om iets oor te se...

Wanneer gaan Eden se nuwe album op die rakke wees?

Definitief in 2014, maar ek sal nie waag om nou reeds ’n datum te gee nie...

Wanneer tree julle vir die eerste keer weer saam op?

Ons sal weer vanjaar by Afrikaans is Groot-konsert ’n verskyning maak.

Wat maak jou sangloopbaan vir jou lekker?

Mense. Ek bly gefasineer deur almal om my, ons gewoontes ons stories ons liefde en haat en hoe musiek ons almal bymekaar bring.