Teen die tyd ken Suid-Afrikaners vir Jeannie D. Die 36-jarige skoonheid is een van SA se gewildste TV-persoonlikhede en is ’n aanbieder op die SABC3-programme Top Billing en Afternoon Express.

Jeannie D was nog altyd lief vir die wêreld van media en in 2002 het sy haar loopbaan by Good Hope FM-radiostasie begin. 

Haar besige skedule sal party van ons in ’n koue sweet laat uitslaan. Maar Jeannie D kry steeds kans om ’n gesonde en gebalanseerde lewe uit te leef.

SARIE.com het vir haar daaroor uitgevra. Hier is haar somerwenke:

1. Jy is baie besig. Is daar vinnige oefeninge wat jy doen?

Die beste oefening is eintlik die eenvoudigste: 50 push ups, 50 sit ups en 50 squads.

FOTO Instagram/ Jeanni D

2. Desember is om die draai. Volg jy ’n spesifieke dieetplan?

Ek volg nie een dis gans te moeilik. Jy moet net weet wat werk vir jóú liggaam, probeer om eerder gesond te eet. Ek glo ook as jy daardie sjokolade wil eet, éét hom!

3. Jou gunsteling-peuselhappie?

Ek is nie groot op peusellhappies nie. Ek is gaande oor waatlemoen.

4. Hoe hou jy jouself en vel gesond?

Water, water, water! Ek kan dit nie genoeg sê nie. Ek drink 2 tot 3 liter water ’n dag. Dit is die beste vloeistof  vir jou liggaam. En dit gee ook daai perfekte gloeiende vel.

FOTO Instagram/ Jeannie D

5. Die een produk wat jy vir jou vel verkies die somer?

Daar is net een produk wat die beste is vir die somer én winter: Sonskerm. Moet nooit uitgaan sonder om sonskerm aan te wend nie.

6. Enige ander wenke vir ons dames?

Ek glo die beste skoonheidswenke is eenvoudig: Dit wat binne aangaan sal uitstraal na buite. Versorg jouself, slaap genoeg en wees positief met jouself en ander rondom jou.

FOTO Instagram/ Jeannie D