Dit was ook die eerste keer dat Jenny 'n boekklub-byeenkoms hou sonder dat die skrywer van die boek daar is! Gelukkig het die radio-onderhoud wat sy vroeër opgeneem het, dit laat voel asof Bobbi langs ons staan!

Hier is 'n paar hoogtepunte uit die onderhoud:

Wat maak jou siening van skoonheid uniek?
Ek het van die begin af 'n duidelike idee gehad van die eenvoud van grimering - dit weerspieël ook nou die tydgees. Ek het dit in my 30's ontdek.
Ek kon ook nie anders as om dinge eenvoudig te hou nie - wanneer iets te ingewikkeld raak, verloor ek belangstelling.

Oor sukses
¦ Toe ons die grimeerreeks by Bergdorf Goodman in New York bekend gestel het, het ons gehoop ons verkoop 100 lipstiffies in die eerste maand. Toe verkoop ons 100 die eerste dag!
¦ Ek is gelukkig baie naïef - daarom dink ek nie aan mislukking as 'n opsie nie. Ek vra altyd: "Wat is nuut en hoe kan ek dit doen?" Ek stel nie belang om iets te doen wat reeds gedoen is nie.
¦ Ek praat met enigeen en elkeen - dit is nou een van my leuses.
¦ Leonard Lauder (Estée Lauder se seun) het vir my gesê dat ek nie weet hoe om reëls te volg nie, ek weet net hoe om hulle te maak. Ek dink hierdie eienskap het gehelp om my reeks uniek te maak.

Hoewel jy jou daarop toespits om vroue te help om hul natuurlike voorkoms na vore te bring is jy ook suksesvol om tendense vir die New York-modeweek te skep en te interpreteer.
Ek het pret terwyl ek dit doen en dit is wat saak maak. Ek het 'n graad in teater-grimering en geniet dit om te eksperimenteer.

Oor die ekonomie
Dit is nou die tyd vir eenvoud en gesonde verstand. 'n Tyd om aan ander te gee.

Grimeerraad
Moenie fokus op dit waarvan jy nie hou nie - fokus op jou eienskappe waarvan jy hou en beklemtoon dit.

Oor tydlose skoonheid
Ek visualiseer myself gereeld op 80 en hoe ek graag sal wil lyk. Ek wil joga-klasse bywoon en teater toe gaan. Ek wil lief wees vir my kleinkinders. Ek glo nie aan plastiese chirurgie nie. Ek wil positief leef - ek ken vroue wat net kla en ek vind dit baie vervelig.