"My reis na SA was tot dusver ongelooflik. Ek luister en leer oor die stryd vir opvoeding, maar deel ook in die wêreld se opwinding oor die Wêreldbeker. Opvoeding kan armoede oorkom, maar vandag gaan 72 miljoen kinders wêreldwyd nie skool nie. Ons moet dit verander, en hierdie jaar kan ons," het Jessica Alba gesê

Alba meen dat dit nie net 'n onvergeetlike sokkertoernooi gaan wees nie, maar dat dit op die lange duur 'n beter opvoeding vir elke kind sal beteken.

Die Hoofuitvoerende beampte, Dr Danny Jordaan, het gesê Alba se besoek namens 1GOAL wys watter belangrike bydrae die Wêreldbeker maak tot opvoeding in Afrika.

"Te danke aan sokker, verander Afrika ten goede," het hy gesê.

**Wat is jou figuurvorm? As jy soos Jessica Alba 'n omgekeerde driehoek is, het ons vir jou mode-raad.