Wat jy nie van Johan geweet het nie:

  • Johan het die afgelope 11 jaar al meer as 140 000 km deur Afrika gereis.
  • Sy span kom terug van so ’n tog met sowat 14 000 foto’s en 250 uur se video-materiaal.
  • Dit neem hom 3 maande om ’n reis te beplan, 3 maande om dit te voltooi en 6 maande om die film te redigeer.
  • Die span van 6 reis met 3 volledig toegeruste viertrekvoertuie.
  • Vir die duur van die reis moet hulle selfonderhoudend wees. Voorheen het hulle die meeste kosvoorraad van die huis af saamgery. Nou het hulle geleer om te eet wat die mense van Afrika eet. Dit is nog ’n ontdekkingsreis.
  • Op die reis na Kaïro, vier jaar gelede, het Johan ná 30 pap bande ophou tel.
  • Met die laaste reis van Casablanca tot die Kaap was die brandstofrekening meer as R70 000, en die rekening vir visums byna R60 000.
  • Die oorsprong van die titel kom van die eerste reeks, In die voetspore van die grotes, toe die span in 2000 die tradisionele migrasieroetes van olifante in Suider-Afrika gevolg het.
  • Lees by www.voetspore.co.za meer oor Johan se reise en bestel sy oudio-boek saam met Dana Snyman en Johan Bakkes.
By die Kreefskeerkring in Morokko Ons ry deur klomp kamele in Mauritanië
Altyd groot uitdagings op die paaie van Afrika Oral wil mense hul items aan toeriste verkoop
Die moddermoskee van Djenné in Mali Die St. George-katedraal in Lalibela, Ethiopië
Oral wil mense hul items aan toeriste verkoop Op die piek van Kilimandjaro
Steicher kyk na die sloot waarin sy pa se voertuig in die DRK geval het Johan by die piramides van Giza in Kairo, Egipte

Die doodsanker in Angola