Travolta het in Mei op sy webtuiste aangekondig dat sy vrou swanger is. "Dis ontmoontlik om 'n geheim so wonderlik soos dit vir onsself te hou."

Later het hy bygevoeg dat die storie dat hulle 'n tweeling gaan kry, nie waar is nie. "So gaaf soos wat daardie idee is, gaan ons net een kind kry," sê hy.

Groot hartseer het die familie in Januarie 2009 getref toe hulle 16-jarige seun, Jett, aan 'n beroerte dood is. Hulle was op vakansie in die Bahamas.

Die paartjie het ook 'n dogter, Ella (10).

Die Travolta-familie
Die Travolta-gesin voor Jett se dood