2020 het my geleer dat ... 

2020 het my geleer dat alles wat ek het net aan my geleen is en dat ek absoluut niks as vanselfsprekend moet aanvaar nie. Die feit dat ek vriende, familie en ’n skool het, is net ’n absolute voorreg. Ek moet al die kleiner dingetjies in die lewe raaksien en met ’n dankbaar hart waardeer. 

Buiten dankbaarheid het ek geleer dat ek nie té ver vooruit moet beplan nie, want ’n onverwagte pandemie kan my planne kelder. Maar selfs al gebeur teleurstellings, klou ek vas aan my toekomsdrome en ek herinner myself om nooit in myself te twyfel nie.

Ons kan planne maak soos ons goeddink, maar die Here bepaal die koers.  

As ek net 3 apps op my selfoon mag hê, dan kies ek:

Apple Music: Om sommige dae verby te dans vir wanneer die lewe nie heeltemal soos ’n lied voel nie.

Instagram: Vir vermaak en interessante mense met interessante stories.

WhatsApp: Ek is soms sleg met oproepe antwoord, maar ek wil steeds “connected” bly. 

’n SA vrou wat my inspireer:

Rolene Strauss! Sy glo in haarself en moedig ander vroue aan om dinge vir hulself te laat gebeur. Sy inspireer my om eerder myself te wees as om die persoon te wees wat die wêreld dalk wil hê ek moet wees. Sy herinner my om braaf te wees wanneer ek bang voel en om moed te hê in moedelose omstandighede. En dat net omdat ek jonk is, beteken dit nie dat my stem minder werd is nie. Sy inspireer my om met my hele hart my drome na te jaag, oor en oor en oor, al vat dit jare, want volharding is meer as die moeite werd.

Jonadrie van Aardt se inskrywingsfoto's
Jonadrie van Aardt se inskrywingsfoto's
Jonadrie van Aardt se inskrywingsfoto's
Jonadrie van Aardt se inskrywingsfoto's
Jonadrie van Aardt se inskrywingsfoto's
Jonadrie van Aardt se inskrywingsfoto's

Die ‘reality show’ oor my lewe sal wees:

Vreeslooslik blond

Ek glo mens moet “go for it”, strewe vreesloos na jou drome en doelwitte! Mense spot en stereotipeer soms dat blondines dinge doen sonder om te dink. Dit is egter juis hoe ek is, ek doen ’n ding en “go for it”, sodat ek nie later spyt sal wees as ’n geleentheid my misloop nie.

Ek droom om eendag: 

Ek droom om eendag ook te inspireer. In my beroep en selfs deur my leefstyl. Om my geluk en vreugde te deel met dié wat dit die meeste nodig het. Ek droom dat my harde werk en uithouvermoë eendag iemand anders se resep tot sukses sal wees. Ek droom om ’n verskil te maak en ek droom om ander te help om dieselfde te doen.

Die wenner van SARIE Nuwe Gesig word op 17 Augustus op SARIE se Instagram-blad aangekondig. Maak seker jy volg ons! SARIE Nuwe Gesig word trots aangebied in samewerking met die Isa Carstens Akademie