Joost van der Westhuizen het glo uit sy en Amor se huis in Dainfern Valley in Johannesburg getrek, berig Die Burger.

Hy het Donderdag reeds by mnr. Garry Hartslief, 'n sakekennis, ingetrek. 'n Bron wat sowel die Van der Westhuizens as vir Hartslief ken, het gisteraand so gesê.

Joost het glo by navraag geantwoord: "Wat in my huis gebeur is my private sake. Ek gaan dus nie kommentaar lewer nie, soos ek verlede jaar al ná die video-debakel gesê het." (Lees 'n eksklusiewe uittreksel uit Joost se boek) *Lees die volledige artikel op www.dieburger.com **Die 12 lewenslesse wat Amor deur haar moeilikste jaar nóg geleer het

Amor se SARIE-onderhoud ná Joost se boek:

"Dit voel vir my asof ek in die laaste jaar tien jaar ouer geword het. Of dalk het ek volwasse geword. Ek het so baie dinge geleer. Ek moes leer wie om te vertrou. Ek sien die lewe vanuit 'n ander oogpunt. Ek is meer sinies, hoewel ek nie my vertroue en my hoop in die lewe verloor het nie. Hopelik maak dit alles van my 'n beter mens. "Ek weet nou eers 'n mens se hart kan só seer wees dat jy nie asem kan kry nie. Ek het lam gevoel. Dit het gevoel asof ek dood is van binne. Dit het gevoel asof almal my in die steek gelaat het." - Amor (SARIE Desember 2009)