JULIA OOR...

haar man Danny Moder en haar gesin: "Die kinders is die verskietende sterre van wat ons saam het. Hoe gelukkig is ons nie dat ons mekaar so liefhet dat ons in 3 kleiner stukke verdeel het nie."

haar toneelspel: "Ek't nie 'n tegniek nie. En daar's sweerlik min dinge so vervelig soos 'n klomp akteurs wat rondsit en oor toneelspel praat."

Botox- en plastiese chirugie-trends in Hollywood: "Dis jammer dat ons in so 'n paniekerige samelewing moet lewe waar vroue hulself nie eens die kans gun om te sien hoe hulle as ouer vroue sal lyk nie. Ek wil darem weet hoe ek gaan lyk wanneer ek ouer is voor ek begin planne maak om jonger te lyk. Ek wil hê my kinders moet weet wanneer ek omgekrap, gelukkig of verbaas is. Jou gesig vertel 'n storie, en dit moenie 'n storie oor jou pad na die dokter wees nie."

Julia Roberts in September-uitgawe van ELLE Julia Roberts in ELLE (internasionaal) Julia Roberts in ELLE (internasionaal)
Julia Roberts in ELLE (internasionaal) Julia Roberts in ELLE (internasionaal) Julia Roberts in ELLE (internasionaal)

Eat, Pray, Love-voorprent

Klik om dit te kyk.