Katinka Oosthuizen, oftewel Katinka die Kat soos haar aanhangers haar ken, is deesdae aanbieder van die Via-musiekprogram Klink soos naweek met JOOX.

Sy beskryf haar werk as een groot ‘partytjie’. "Ek werk saam met die lekkerste mense, ek ontmoet bekendes en ek kan die heeltyd musiek luister. Daar is regtig niks beter nie!"

Katinka Oosthuizen staan ook bekend as Katinka die Kat. FOTO Instagram / Katinka die kat

Dis haar eerste werk as aanbieder. "Ek hoop dit maak nog baie deure oop."

Sy werk ook as ’n videograaf en het die trouvideo van onder andere aktrise Simoné Pretorius (née Nortmann) en manlief Andries Pretorius geskiet. Kyk hul troukiekies hier.

Vir Katinka is daar niks lekkerder as ’n goeie playlist nie. Sy reken hierdie vyf liedjies kan jy gerus op jou langnaweek-speellys sit.

"Dis op die oomblik my gunsteling-liedjies!"

Hier is Katinka se naweek-speellys:

1. Imagine Dragons se ‘Next To Me’

2. Rend Collective se ‘Live Alive’

3. Twee se ‘Ek sweer’

4. Shakey Graves se ‘Roll the Bones’ 

(Audiotree se direkte opname)

5. Lizzo se ‘Truth Hurts’

Onthou om elke Vrydag om 20:30 in te skakel op Via (DStv-kanaal 147) vir Klink soos naweek met JOOX

LEES MEER:

Dís wat jou musieksmaak van jou persoonlikheid sê

Kaptein Kurt oor pa-wees en nuwe album

Kyk wie is die internet se nuwe kêrel

Dié bekroonde SA flieks is binnekort op Showmax