Kevin en die filmvervaardiger Dana Brunetti, wat onder meer The Social Network, 21 en Fanboys vervaardig het, was die vervaardigers van ‘n kortfliek wat deur Suid-Afrika se eie Hanneke Schutte geskryf is.

Hanneke het haar kortfilm, Saving Norman, ingeskryf vir die internasionale Jameson First Shot-kompetisie. Sy is een van drie wenners (die ander twee is onderskeidelik van Rusland en Amerika). Sy was ook die regisseur van haar kortfilm, waarin die bekende akteur Willem Dafoe die hoofrol speel. (Kyk die fliek hier.) Die film is in Los Angeles geskiet.

Kevin en Dana het spesiaal vir die première, wat Saterdagaand by Shine Studios gehou is, na Suid-Afrika gevlieg en is dieselfde aand weer terug na Amerika.

SARIE het gaan skouers skuur met dié bekendes, en Kevin kon nie uitgepraat raak oor Hanneke se talent nie. Hy het gesê hy is in sy noppies omdat ‘n vroue-filmvervaardiger vanjaar die SA wenner is.

Hanneke is ook die skrywer van Jimmy in Pink, wat in Augustus op die silwerdoek begin draai, en Bakgat3, wat vanaf 6 September te sien sal wees.

Wat het Kevin Spacey oor Hanneke Schutte te sê, en sy oor hom? Kyk ons onderhoud hier:

Op die rooi tapyt

Die media en Kevin Spacey

FOTO: Kevin Spacey praat met die media in Braamfontein.

Jen-Su en Mnr. Suid-Afrika 2012Zuraida Jardine en Josh Lindberg FOTO LINKS: Jen-Su en Mnr. Suid-Afrika 2012, Andrew Govender.
FOTO REGS: Platejoggie, aktrise, TV-aanbieder en joernalis Zuraida Jardine en haar man, Josh Lindberg.

Hildegardt Whites en Melanie du Bois

FOTO: 7de Laan se Hildegardt Whites (Bonita) en Melanie du Bois (Felicity).

Mimi Mahlasela en Theodore Jantjies

FOTO: 7de Laan se Mimi Mahlasela (Aggie) en Theodore Jantjies (Xander).

Liezel van der Westhuizen

FOTO: Die televisie-aanbieder en radiopersoonlikheid Liezel van der Westhuizen.