Dis pas bekend gemaak dat die kitaarspeler van die rock-groep Kings of Leon, wat in Oktober Suid-Afrika toe kom, gaan pa word! Matthew Followill (25) se vrou, Johanna Bennett, is al meer as ses maande swanger en die geboorte word in die Europese lente verwag. Hulle is die eerste paartjie in die groep (of familie) wat 'n kind verwag... Die lede van Kings of Leon is almal familie van mekaar en dit lyk of hulle nou die een na die ander begin om gevestig te raak. Die groep se sanger, Caleb Followill, het verlede jaar in September die jawoord gevra vir die model Lily Aldridge. En sy broer Nathan, die groep se tromspeler, is in November 2009 met die sangeres Jessie Baylin getroud. Die jongste broer, Jared, is verantwoordelik vir die baskitaar en agtergrondsang van Kings of Leon. En waar pas Matthew dan in? Is hy die vierde musikale broer? Nee...hy is hul nefie. In die Followill-familie is bloed beslis dikker as water. Die drie broers se pa en hul oupa het albei Leon geheet. Dit was net gepas om hul groep dié naam te gee ter ere van hul pa en oupa. Interessant!

Lees ook hoekom die datum vir hulle vertoning in Suid-Afrika uitgestel is: Kings of Leon stel SA vertonings uit-nuwe datums