Hul tromspeler, Nathan Followill, het tyd nodig om te herstel ná ’n operasie aan sy arm. Volgens sy dokters moet sy arm vir ten minstens 3 maande kans kry om te genees. Die nuwe datums vir hulle vertoning is die 26ste Oktober by die Kaapstad stadion en die 29ste FNB Stadion in Johannesburg. As jy alreeds kaartjies vir hulle Maart-toer bespreek het, wees gerus dit sal geldig wees vir hulle konsert in Oktober. En as jy nie in Oktober die konsert kan bywoon nie, sal Computicket die volle bedrag van jou kaartjie terugbetaal.  Hul konserte in Australië is ook gekanselleer.