SARIE.com gesels met Bobby oor dié verrassing. Daar was ’n musiekgroep wat Bobby en sy gaste vermaak het by dié partytjie wat by Bosvelder in Centurion gehou is. "Later het Annatjie en Derick op die verhoog geklim en gesing, wat hulle regtig nie moes doen nie, want dis nie regtig hul talent nie!" sê dié sanger oor sy vrou en swaer se optrede. "Dit was net regtig nie baie mooi nie," spot hy. Só lyk Bobby se spesiale verjaardagkoek Hy het vanoggend só oor Annatjie en Derick se "vertoning" by sy partytjie getwiet:

Intussen is hy besig om die geskenke wat die ongeveer 90 partytjiegaste vir hom gegee het, oop te maak. "Dis regtig baie geskenke, ek kon nog nie als oopmaak nie. Daar is tot dusver baie wyn vir my versameling en ek dink ek kry klere by Annatjie. Sy sê altyd ek wil nooit vir myself klere koop nie," vertel die sanger, wat gister saam met sy vrou ’n spa-dag geniet het om sy groot dag te vier. Bobby pas ousus Karlien se tweeling op "Verder het ons tyd saam met die kinders spandeer, want ek kry nie gereeld die kans om dit te doen nie. En daar was gisteraand ’n familie-ete," sê Bobby, wat voel of hy eintlik nog 21 is.
"Maar al hoe meer mense sê vir my oom, so dit raak nou erg om te verjaar!"

Hy vlieg môre Kaap toe om aan vanjaar se Cape Argus-padfietsren deel te neem. Bobby, swaer Derick en Arno Jordaan pak dié uitdaging aan ten bate van die organisasie Cryo-Save. Lees meer daaroor hier. "

Ek is op die oomblik nog net bang," sê hy. Met al die reën in Gauteng kon hy nog nie baie op die pad ry nie en hy sê hy is bekommerd oor sy balans op die fiets, aangesien die fietse in die gimnasium vas aan die grond is. Tot dusver is hy darem nog nie jammer dat hy dié uitdaging begin aanpak het nie.

"Ek sal seker Sondag 'n bietjie spyt wees!"