Bakgat! 2, die opvolg op die suksesvolle Bakgat!, se première is in Menlyn, Petoria, gehou.

Dié fliek begin waar die eerste een opgehou het: Die tieners is nou nie meer op skool nie, maar die lewe as studente bring nuwe uitdagings. Wimpy (Ivan Botha) is die o/21-rugbyheld en word 'n kans gebied wat hy nie sommer weer sal kry nie. Nou moet hy kies tussen sy liefde vir rugby en sy liefde vir sy meisie. Van die spelers in die fliek is Cherié van der Merwe, Altus Theart, Neil Sharim, Andrew Thompson, Lelia Etsebeth, en Ciske Kruger Botha.

Eagen Williamson, 'n skinnerbek van Tonge Los, sê Bakgat! 2 is beslis die moeite werd. "Gaan kyk dit, al is dit net om te ontsnap!"

Kyk die voorprent van Bakgat! 2 hieronder

Klik hier om meer oor die musiek agter die fliek te lees.