Hy het 100 jaar gelede die eerste keer met haarkleursel begin eksperimenteer - in sy kombuis. Mense het die wetenskaplike Eugène Schueller, stigter van L’Oréal, skuins aangekyk en gesê hy mors sy tyd, want haarkleursel gaan nie groot byval vind nie . . .

Hy het egter voortgegaan om die wêrelde van wetenskap en skoonheid met mekaar te versoen, en vandag kan ons net sê: Dankie!

1958
Een van L’Oréal se mees ikoniese produkte is Elnett-haarsproei (R54,95), wat in die 50’s bekend gestel is. In dié tyd het vroue se haarstyle meer elegant en gesofistikeerd geword met rolmodelle soos Audrey Hepburn, Grace Kelly en Brigitte Bardot. Hulle het kuiwe, Franse rolle en byekorf-haarstyle hoogmode gemaak. Die 80’s se groot, eksentrieke style het ook heelwat
haarsproei benodig, en teen 1987 is wêreldwyd reeds 1 miljard bottels Elnett-haarsproei verkoop!

1972
Hoewel die Elvive-reeks oorspronklik geskep is bloot om hare te reinig, het die handelsnaam vinnig gegroei om ook ’n behandelingsreeks in te sluit. Die bestanddele maak hare sag en soepel, en boonop blink. Vandag is Elvive-sjampoe (R43,95) Europa se no. 1-haarproduk, met glansvroue soos Penélope Cruz as gesig.

1980
Teen die einde van die tagtigerjare het L’Oréal ’n haarkleursel met ’n roomformule ontwikkel. Dit was die oplossing vir vroue wat gesukkel het met droë of dik hare wat vog en beskerming nodig het. Excellence Crème (R124,95) het ook in ’n groot verskeidenheid skakerings gekom, wat dit moontlik gemaak het om jou hare donkerder of ligter te kleur, of om jou eie, natuurlike kleur te verhelder. In 2003 is die Protective Serum bekend gestel, wat hare behandel vóór jy dit kleur.

1995
Revitalift is geskep om tekens van veroudering teen te werk. Dié velsorgreeks het sedertdien sélf ’n paar face-lifts gehad – laas in 2006, toe Pro-Retinol A Forte bygevoeg is. Vandag is die Revitalift-reeks die wêreld se no. 1-teen-verouderingsproduk, met Revitalift Restoring Day Cream (R169,95) as talle vroue se eerste aankoop in die reeks.

1999
In net 10 jaar het Color Riche (R109,95) Europa se beste lipstiffie-verkoper geword. Dís te danke aan die verryking met vitamien E en omega 3-olies. Dit behandel jou lippe én gee kleur. L’Oréal het later Color Riche Star Secrets bekend gestel, met gesigte soos Eva Longoria en Penélope Cruz, wat jou help om ’n kleur te vind wat by jou gelaat sal pas.

2005
Mans word nie afgeskeep nie. Die Men Expert-reeks is spesiaal ontwikkel om die mansvel te versorg. Te oordeel aan die reaksie – Men Expert is wêreldwyd mans se eerste velsorgkeuse – slaag dié reeks daarin om in hul velbehoeftes te voorsien. Probeer die dagroom: Men Expert Hydra Energetic SPF 15 Daily Anti-Fatigue Moisturising Lotion, R119,95.