Die afgelope week het die Fynskrif-ster Christia Visser, wat ook haar loopbaan as sangeres uitleef, gesels oor teleurstellings, #JyIsGenoeg en haar liedjie wat sy vir haar verloofde, Thomas Webb, geskryf het. Lees die GRATIS onderhoud hier.

Thomas sou die liedjie “Kaal voor jou” die eerste keer op hul spesiale dag gehoor het. Dit gaan oor hoe jy iemand so ten volle vertrou dat jy bereid is om weerloos voor hom te wees. Dis haar en Thomas se storie.

View this post on Instagram

A post shared by C h r i s t i a V i s s e r (@christia_visser) on

In stede van op hul troudag, het sy dit vir hom in hul sitkamer gespeel. Sy het kerse aangesteek en sushi bestel voordat sy die liedjie gespeel het. “Dit was privaat en intiem soos dit hoort.”

Luister haar liedjie hier:

Die liedjie kan hier afgelaai word.