Sy was moedeloos, depressief, het selfdoodgedagtes gehad, maar een oggend het sy ’n positiewe kopskuif gemaak. Nou inspireer sy ánder met haar verhaal. Sy het geleer om haar andersheid te vier, om uit te reik en ’n verskil te maak, vertel Tracy. “Die wêreld isgeneig om iemand wat ‘onvolmaak’is as gestremd – dus onkapabel – teetiketteer. Maar as jy gewillig is om uitte gaan en met mense te connect, kan jy hul ingesteldheid verander. Ek neem my plek in die gemeenskap in, want ek ís genoeg.”Sy het motiveringspraatjies begin gee om weer ’n doel in die lewe te hê. Sy wou ’n bydrae lewer, nie “’n suurstofdiefin ’n rolstoel” wees nie.

Bowenal wou sy vir haar seun, Chad, ’n voorbeeld stel. “Hy moes my glo as ek sê enigiets is moontlik as jy jou kop daarop sit. ”

Dit is vir haar veral spesiaal as wildvreemdelinge ná haar praatjies hul hart oopmaak en hul eie vreugde en pyn met haar deel. In haar boek Brave Lotus Flower Rides The Dragon vertel Tracy hoe haar lewe onherroeplik verander het dié dag toe sy gou haar veiligheidsgordell osgemaak het om na hul huilende babaagter in die kar te klim. Haar man het beheer verloor toe ’n bestuurder voor hulle skielik rem en hul motor het gerol.

Op haar webwerf is foto’s waar sy voor die ongeluk draf, perdry, waterski. Tog is haar grootste uitdaging nie onbeweeglikheid nie, maar die stryd in haar kop. “Ek dink nie ek sal ooit ten volle aanvaar dat ek in my liggaam vasgevang is nie. Verlamming is ’n draak wat ek nog nooit kon oorwin nie, maar ek het vrede gemaak – net genoeg sodat ek langs hom kan leef.”

Tracy is ná die ongeluk geskei, oortuig dat niemand haar weer sal liefhê nie. Maar sy’t ’n kans op ’n aanlyn afspraakwebwerf gewaag, en is in 2016 getroud met Roy Heine, wat die Comrades vir haar voltooi het!

Elke dag besluit sy om te glimlag, positief en dankbaar te wees. “Die mens het ’n merkwaardige vermoë om teenspoed te oorkom, te veg vir oorlewing en by verandering aan te pas.”