Tydens vandeesweek se Dinsdagdromer het die pragtige donkerkop lesse gedeel wat sy geleer het. Ons deel dit spesiaal met jou:

1. Doen gereeld ’n lekker sosialemedia-skoonmaaksessie.

2. Jy hoef nie gedurig op die skaal te klim nie – jou gewig maak nie saak nie. Daai syfers hoef jou nie te bepaal nie.

3. Stel mini-doelwitte aan jouself. Maak dit klein en haalbaar.

4. Doen oefening waarvan jy hou – dis nie om gewig te verloor nie, dis ’n viering van jou liggaam.

5. Jy hoef nie skuldig te voel oor eet nie. Catch your thoughts – kies selfliefde.

6. Moenie jouself met ander vergelyk nie.

7. Gee die klere weg wat jou nie pas nie. Koop vir jou klere wat nóú pas!

8. Wees bewus van die gedagtes waarmee jy elke dag jou kop voer.

9. Spandeer minder tyd by mense wat nie goed is vir jou siel nie.

10. Meer selfliefde, minder selfkritiek.