“Ek is happy met my borste, maag, bene. Maar ai . . . my voete!“ vertel sy self.

Sy het dertien jaar lank ballet gedoen. “Ek het die grootste knobbels op my tone gehad wat ek moes laat regmaak het. Hulle moes daarvoor vier tone bréék vir die operasie in my eerste jaar op universiteit! Ek het merke en snye oral op my voete as gevolg van dié operasie en ballet.“

Maar haar voete is nooit stil nie. Deesdae is sy ’n “fiksheidsmaniak“ in Londen.“My voete werk hárd. Ek gee verskillende soorte funky dansgimklasse, soms tot vier per dag. My lyf raak al hoe sterker, maar my tone wil niks weet nie en my voete ‘vou’ soms.“ Sy glo haar voete lyk mooi as sy hulle punt. “Maar ek versorg hulle glad nie. Ek het in die laerskool nie eens skoene gedra nie.“

Marguerite bid vir antwoorde oor die spore wat sy nog in die toekoms in mense se lewe moet trap.“Die mense hier en in Europa glo meer in spiritualistiese mediums as wat hulle in die Here glo. Dis eintlik hartseer om al die pragtige kerke in Frankryk te sien en byna niemand glo meer nie. Kom ons kyk wat ek uit die sand geskop kan kry. Ek weet nog nie lekker wat God van my vra nie . . .“

Marguerite Wheatly se voete

Lees ook wat het Christi Panagio oor haar voete te sê.