2020 het my geleer dat …

Ek dit nooit oor wil hê nie ... nee ek grap sommer! 2020 het my geleer dat ek niks as vanselfsprekend moet aanvaar nie. Enige iets kan verander en niks is konstant nie. Alles wat ons ken en waaraan ons gewoond is, is van ons af weggeneem. So baie van die goed wat ons gelukkig maak het verander. Dit was maklik om in negatiwiteit te verval, maar ek moes ’n treë terug gee en na die groter prentjie kyk. Toe leer 2020 my waar my geluk eintlik moet lê: In iets wat nooit verander nie en wat nooit van my af weggeneem kan word nie. So cliché soos wat dit mag klink, is my onveranderlike Jesus se liefde vir ons en die wete dat Hy vir ons almal voorspoed beplan.

View this post on Instagram

B R E A T H E

A post shared by Marica Marx (@x_marica_x) on

As ek net 3 apps op my selfoon mag hê, dan kies ek:

Instagram: Om my op hoogte te hou met wat in die wêreld aangaan, weer my herinneringe te herbesoek en sommer net as ’n lekker tydverdryf.

Apple Music: Ek hoef nie die een vir enige iemand te verduidelik nie, want ek glo almal kan daarmee vereenselwig dat ’n lewe sonder musiek ondraaglik sal wees.

You Version: Ek hou daarvan om elke dag met ’n vers-van-die-dag te begin. Dit maak dit ook maklik om die Bybel te lees as jy op die pad is, en jou gunstelling-vers met ander te deel.

’n Suid-Afrikaanse vrou wat my inspireer:  

Dit is wonderlik om te sien hoe ver vrouens al gekom het. Vrouens vorm so groot deel van die wêreld en daar is soveel rolmodelle waarna jong meisies kan opkyk.

’n Vrou wat my inspireer is Minki van der Westhuizen. Sy inspireer my om altyd myself te wees en om nie voor te gee om perfek te wees nie. Sy inspireer my om groot te droom en om te glo dat ek groot dinge kan bereik. Sy leer my om ander met liefde te hanteer en simpatie te hê. Sy wys vir my ook dat jy ’n ma kan wees en steeds sukses behaal.

Marica Marx se inskrywingsfoto's
Marica Marx se inskrywingsfoto's
Marica Marx se inskrywingsfoto's
Marica Marx se inskrywingsfoto's
Marica Marx se inskrywingsfoto's
Marica Marx se inskrywingsfoto's

Die ‘reality show’ oor my lewe sal wees:

On your marx, get set, go!

In die program sal ek deur die wêreld reis. Ek sal van nuwe kulture leer en nuwe kos probeer, Ek wil graag ander lande ontdek, omdat ek glo dat dit jou visie verbreed en dat dit ’n belangrike rol speel in jou ontwikkeling.

Ek droom om eendag:

Die eerste SARIE Nuwe Gesig te wees! En dan natuurlik om die wêreld vol te reis, ’n goeie mamma te wees en ’n huis te hê wat altyd soos ’n tuisnywerheid ruik.

Die wenner van SARIE Nuwe Gesig word 17 Augustus op SARIE se Instagram-blad aangekondig. Maak seker jy volg ons! SARIE Nuwe Gesig word trots aangebied in samewerking met Isa Carstens Akademie.