Hier is al sy gunstelinge: Kos:  Evette was jare lank ’n vegetariër en ek het later by haar aangesluit. Ons hou nou soesjiale aandevan ons is mal oos soesji. Een van ons groot rituele is om saam kos te maak. Vegetariese kos kan baie vervelig raak as jy dit nie interessant maak nie. Enigiets wat ons saam kook, is my gunsteling. Ek geniet dit ook om vir myself te kook. Oral waar ek gaan speel, vra ek of daar ’n plek is waar ek vir myself kan sorg. Drank: Dit was vir jare wit wyn maar die afgelope 10 jaar geniet ek ’n chardonnay saam met my kos. Kos sonder wyn is, is bloot funksioneel. Kaapse weer, see en mistigheid en rooiwyn. Fliek:  Atonement, Children of men, Pan’s Labyrinth TV: Al die lekker ou flieks op TV. Ons gaan eersdaags vir ons ’n eie rolprentkamer inrig met ’n lekker wye doek, goeie klank en sagte stoele. Akteurs: Joan Allen, Martin Sheen Beste eienskap: Dat ek nie dink aan wat my beste eienskap is nie. Boeke: Deon Meyer se Spoor , The girl with the Dragon tattoo. Boeke wat jou meevoer en jou kort-kort laat opspring en skree: Nee, nee moet nie dit doen nie!

Marius is The taming of the Shrew In Red Dust
Marius en sy vrou, Evette, in haar ateljee Marius en sy vrou Evette
In 7de Laan saam met sie slinkse Gita In Amerika te sien in Bopha!
Marius en oud SARIE-redakteur Isak de Villiers Marius en Elize Cawood in Taxi tot Soweto