Wanneer haar luisteraars nie moed het vir die dag nie of in ’n slegte bui is, skakel hulle éérs op RSG Ontbyt (100 – 104 FM) in. Want dan hoor hulle Martelize Brink (33) se helder, vriendelike stem en is dit asof sy ’n arm om hul skouers sit. Soos sy self sê: Positiwiteit is aansteeklik.

Baie is verbaas wanneer hulle uitvind Martelize is in ’n rolstoel. Maar later sien g’n mens dit meer raak nie. Sy beskou haarself tog nie eerstens as ’n gestremde vrou nie. Sy is ’n gewone vrou wat soms “gaan stap” langs die see of ná hierdie onderhoud moet “hardloop” om ’n strooimeisierok vir ’n vriendin se troue te gaan aanpas.

“Wat moet ek dan sê?” vra sy. “Ek gaan ról langs die see? Ek het tog vir 13 jaar gestap.”

Tot daardie dag toe sy voor die wasbak gestaan en nie lekker gevoel het nie. Dokters weet nou nog nie presies wat gebeur het nie. Dit kon infeksie of ’n virus gewees het. Maar Martelize het vrede gemaak,
sy is eintlik besonder optimisties.

“Hoekom nie? Ek kan alles self doen, ek verdien ’n salaris. Die honger kinders in Somalië, húlle kry swaar.”

Sy het begrip daarvoor dat nie almal weet hoe om teenoor ’n gestremde mens op te tree nie,maar oor een ding is sy beslis: “Moenie aan my rolstoel stamp of my vat vir ’n wheelie nie. My rolstoel is my lyf.”

Ons vang gees vir die WB-sokkertoernooi op RSG. Van links is Chris Chameleon, Johan Rademan en Dowwe Dolla. Ek sit voor.

Ons vang gees vir die WB-sokkertoernooi op RSG. Van links is Chris Chameleon, Johan Rademan en Dowwe Dolla. Ek sit voor

Saam met Ivor Price (links), RSG-programaanbieder, en Danny Titus, die ATKV se uitvoerende bestuurder: kultuur, by 'n ATKV-jaareindgeselligheid.

Saam met Ivor Price (links), RSG-programaanbieder, en Danny Titus, die ATKV se uitvoerende bestuurder: kultuur, by ’n ATKV-jaareindgeselligheid.

(Hieronder)
Ek en Mathys Roets in die RSG-ateljee tydens vanjaar se Valentynsdaguitsending

Ek en Mathys Roets in die RSG-ateljee tydens vanjaar se Valentynsdag-uitsending

Wat is die belangrikste les wat jou pa jou geleer het?
Soos water van ’n eend se rug: Om nie op alles wat mense sê of doen te reageer nie en om dinge nie persoonlik op te neem nie.

Wie was jou interessantste gas?
Te veel om op te noem. Maar onlangs, Eugene Cussons van die Jane Goodall-instituut wat sjimpansees probeer red. Hy is ’n fassinerende mens wat eers in die korporatiewe wêreld was en van rigting verander het om te doen waarin hy glo. Ek lag my ook klaar vir Dowwe Dolla, en kry inspirasie vir die kombuis van die kokke en sjefs. Tog bly die belangrikste onderhoude dié waarin mense raad en hoop ontvang.

Ek (4) poseer vir die kamera vir 'n skoonheidskompetisieMy susters het my altyd aangetrek. Hier is ek (op 3 of 4) in "bruidsklere"

  • Ek (4) poseer vir die kamera vir ‘n skoonheidskompetisie.
  • My susters het my altyd aangetrek. Hier is ek (op 3 of 4) in “bruidsklere”.

Jy is die jongste van vyf kinders. Hoe was dit om in die potjiekoskoning se huis groot te word?
Lekker! Ons het wortels en aartappels geskil dat dit by ons ore uitloop.Ons het gereeld saam met my pa getoer, omdat ons wou. Ek het wonderlike herinneringe. Soos van die lekkerste, grootste koeksisters wat hy in ’n pot in die bos gemaak het vir een of ander TV-program. My liefde vir kosmaak kom van hom af. Ek het al op 15 begin brood bak.

In graad 7 aan die Laerskool Paarl Gimnasium

In graad 7 aan die Laerskool Paarl Gimnasium.

(Hieronder) Martelize lyk soos 'n filmster in die Mei 2012-uitgawe van SARIE. (Foto: Micky Hoyle) Lees Martelize se blog waar sy vertel van die SARIE-fotosessie