“J.Lo en Kim Kardashian is al jare lank my gunsteling-sterre, want hulle is sexy en vroulik. Toe ek baie jonk was [as onderklere-model], het ek alles probeer om gespierd te wees, maar niks het gewerk nie. Ek sal nooit atleties lyk nie. Ek is gerond, maar oefen baie." Só vertel Ilse Fourie, plusgroot model en Masterchef SA-deelnemer.

“Tot twee jaar gelede het ek aan halfmarathonne deelgeneem, maar ek moes ophou nadat ek my knie beseer het. Nou doen ek daagliks ’n halfuur ?lank kardiovaskulêre oefening, een keer per week weerstandsoefeninge en? af en toe joga. Ek glo oefening hou jou jonk en soepel.

“Toe ek jonger was, het ek báie diëte gevolg. Sowat ses jaar gelede het ?ek besluit dis genoeg. Ek geniet nou my kurwes. Ek is mal oor kook. Nooit het ek kon droom dat ek tot die laaste sewe deelnemers sou deurdring in ?die MasterChef-kookprogram op M-Net nie. Nou droom ek van my eie ?TV-kosprogram.

“Ek is lief vir myself en dankbaar oor dié tendens. Ons moet onsself koester en beskou soos die Here ons sien – kurwes en al, volmaak geskape.