Op 1 November bedien hy sy eerste disse in dié restaurant. Hy het ’n paar vrae tydens ’n mediakonferensie beantwoord.

Watter tipe spyskaart beplan jy vir jou restaurant?
Daar is nie baie restaurante in Suid-Afrika wat ons land se diversiteit verteenwoordig nie. Ek oorweeg ’n multikulturele spyskaart.

Hoe voel jy noudat jy gewen het?

Hoewel die pryse wat ek gewen het wonderlik is, was dit nie die rede hoekom ek aan MasterChef deelgeneem het nie. Ek wou mense inspireer om kos te maak, veral mans, omdat daar baie mense in my kultuur is wat voel die kombuis is nie ’n plek vir mans nie.

Wat was vir jou die grootste uitdaging tydens MasterChef?

Ek dink my ouderdom het in my guns getel. Ek is 45 en omdat ek al van jongs af kook, het ek eintlik my hele lewe lank vir MasterChef voorberei. Maar ek was nie voorbereid vir die spanning, druk en emosionele roller coaster nie. Dít was my grootste struikelblok.


 
Is jou vrou ’n aanhanger van jou kos?

My vrou was nog altyd my grootste kritikus. Dis hoekom ek sjef Pete (Goffe-Wood) se kommentaar kon hanteer (hy lag). Sy lewer kritiek op elke dis wat ek maak. Dít het my ’n beter kok gemaak en my gehelp om Suid-Afrika se eerste MasterChef te word.
 
Wat gaan jy met die R250 000 maak wat jy gewen het?
Daar is ’n gesegde wat lui: ‘Fools and money part easily.’ Ek is geen gek nie.
 
Waarna sien jy die meeste uit van jou reis na Italië wat jy gewen het?
Ek dink die Italianers is die Europese weergawe van ’n Indiese familie (hy lag). Ek sien uit om die Italianers se liefde vir kos te ervaar.