Sy is twee maande gelede as Mej. Suid-Afrika van 2018 gekroon. Maar Tamaryn was nie ál lid van die Green-gesin wie se droom daardie aand waar geword het nie.

FOTO: Instagram / @dawsongreen

Haar jonger broer, die 19-jarige Dawson wat daardie aand ook in die gehoor was, is sedertdien óók ’n model ... Dis nou as hy nie besig is met sy BA-studies nie.

Met sy lang bene en swart hare is dit nie moeilik om te sien hy is die nuwe Mej. SA se broer nie. Slim en mooi loop beslis sterk in die familiegene!

FOTO Instagram/ @dawsongreen

Dawson vertel hy wou eers ’n sielkundige word, maar het toe besluit op taal en kommunikasie omdat hy graag in die mediabedryf wil werk.

So hoe het dit gebeur dat hierdie Paarliet model geword het? Die aand toe sy suster gekroon is, het ’n agent van Sync Model Management hom raakgesien en gevra of hy ’n model wil word.

FOTO: Instagram / @dawsonsgreen

“Ek wou aansoek doen om ’n model te word, maar iets het gesê ek moet eers wag, dinge sal in plek val, en dit het,” vertel Dawson. 

FOTO Instagram/ @dawsongreen
FOTO Instagram/ @dawsongreen

Tamaryn het beslis ’n groot invloed op hom. Haar sukses en werk as model het hom nog altyd geïnspireer. “My fokus as model is om ’n brand vir myself te bou. Ek het sterk begin en moet aanhou om sterk te wees sodat ek eendag kan trots wees op myself,” sê hy.

FOTO Instagram/ @dawsongreen

En verder in die toekoms? “’n Suksesvolle lewe saam met ’n gesin.”

FOTO Instagram/ @dawsongreen

Een van die dae sien ons broer en suster saam in ’n advertensie vir Soviet Denim. Dié Greens kan jy maar dophou!

FOTO Instagram/ @tamaryngreen