Die aktrise Julia Roberts se warm persoonlikheid en suksesvolle loopbaan het Lancôme geïnspireer om haar as hul nuwe gesig te kies.

Vanjaar is dié aktrise te sien in die komedie Valentine’s Day saam met Shirley MacLaine en Kathy Bates, en sy speel die hoofrol in die filmverwerking van die trefferboek Eat, Pray, Love.