Hi almal,

Die liefdesbriewe stroom behoorlik in vir ons wedstryd in die Februarie-uitgawe. Mercy Morkel van SARIE vertel die mooiste briewe en gedigte beland nou daagliks in haar in-boks: van hier en van oor die water. Van Vredendal en Grahamstad; van Londen en Wallis. Van Afrikaanssprekendes, én ook van Engelssprekendes en Duitsers wat hul liefde nou vir die eerste keer in Afrikaans uitdruk! En van die mees spesiale briewe tot nou? Dié van mans wat weg is van die huis en hul gevoelens só eerlik en gevoelvol op papier plaas. Wie het gesê moderne mans kan nie kommunikeer nie!

As jy nog wil deelneem, kliek hier en stuur vir ons jóú liefdesbrief.

Groete,

Michélle