Geliefde go-getters, noemons hulle. Positief, energiek,gewild, talentvol – met altyddie breë glimlag. Maar, sê dié twee blondekoppe, hoebeter, positiewer en meer professioneel die wêreld omhulle, hoe beter is hulle. Dís die inspirasie.

2020 voel dalk soos een lang winter, maar twee positiewer mense as Minki en Leah om vanjaar se langverwagte lente mee af te skop kry jy nie. Albei mooiblond, hul glimlagte ewe breed. Met ’n duidelike sin vir pret en armsvol empatie vir hul medemens. Juis dít het hulle om die beurt as aanbieders van kykNET se baie gewilde Boer soek ’n vrou tot diep in Suid-Afrikaners se harte laat kruip. Maar verskillend is hulle ook, met uiteenlopende, suksesvolle loopbane, elk ’n uitblinker op eie terrein.

Minki as model en sosiale media-entrepreneur met haar geselsprogram op Via, en Leah as sangeres, rolprentaktrise en verhoogkunstenaar.

SARIE het ’n handvol lesers, bekendes en mense in hul lewe aangemoedig om self vir dié twee ’n paar vrae te vra. Om agter te kom wat hulle laat tiek en na aan die hart lê.

Fanie Cronjé (SARIE se styl- en sosialeredakteur): Jy sê modelwerk is jou eerste liefde. Wat maak dit vir jou lekker en watter wenke het jy om ’n goeie model te wees – sonder omaangeplak te wees?

Ek wou al as klein dogtertjie modelwerk doen. Ek het altyd opgedress, my grimering gedoen en mevrou-mevrou-partytjies gespeel. Maar nou is ek bly ek kon die skuif televisie toe maak. Dit het my eintlik jare gevat om gemaklik te wees in my lyf, om nie om te gee oor my klein kuite of die feit dat ek nie die tipiese dun middel en lengte van ’n model het nie. En dis wat die verskil gemaak het, om myself te wees en nie aan te sit nie. Dit, en baie oefening voor die spieël. En onthou,’n hand op ’n heup laat altyd jou arm dunner lyk!

Marciel Hopkins (nuwe Boer soek ’n vrou*-aanbieder): Wat het modelwerk jou geleer wat jy nou nog in jou loopbaan gebruik?

Dit het my geleer om niks persoonlik op te neem nie. Met modelwerk is skoonheid regtig in the eye of the beholder, want kliënte het so ’n spesifieke prentjie in hul kop van wat hulle soek. Dis hoekom televisie vir my so lekker is, want as ek ’n goeie onderhoud voer, sal ek daaroor weer werk kry. Minki [haar geselsprogram op Via TV] is nou al in seisoen vyf en ek is so dankbaar daarvoor.

FOTO Marijke Willems

Carien van der Westhuizen (Minki se ma): Watter omgewingsfaktore dink jy het bygedra tot jou positiewe geaardheid en empatie?

Ek dink empatie kom uit ’n plek van dankbaarheid en my positiwiteit spruit uit die feit dat ek dolgelukkig is. Ek het alles wat my hart begeer: ’n wonderlike man, gesonde kinders wat meestal soet is, gesonde ouers, ’n goeie loopbaan, ’n dak oor my kop op Stellenbosch – ’n paradys. Wanneer dit mindergoed gaan, onthou ek God het ’n plan en as ’n deur toemaak, sal iets beters kom. Ek kies om te fokus op positiwiteit – dit maak nie sin om te tob nie.

Ernst Joubert (Minki se man): Wat is jou gunsteling-herinneringe aan ons twee saam?

Die inperking het my baie laat dink aan ons ses jaar in Engeland. Daai rustiger lewe, toe ek nie gewerk het nie en twee babas grootgemaak het. Dit was so ’n wonderlike tyd om totaal op mekaar aangewese te wees. En dan was daar ook ons toer in Spanje en Italië die jaar voor ons teruggekom het [2015]. Dis spesiale herinneringe.

FOTO Marijke Willems

Annemie Lombard (SARIE se digitale redakteur):Daar is groot debatte rondom sponsored posts op sosiale media en die geloofwaardigheid van bekendes se plasings. Hoe verseker jy dat jou inhoud outentiek bly?

Ek het lank voor die dae van sosiale media my geloofwaardigheid opgebou en dit bly vir my belangrik. Ek is nie skielik ’n influencer wat dit vir die geld doen nie - die geld is vir my ’n bonus. So ek kies mooi wie en wat ek ondersteun en sal net ja sê vir iets wat by my pas en wat ek in elk geval self sal gebruik. As mense my vra en dis iets wat ek reeds gebruik, kan ek netsowel daarvoor betaal word.

Alta Joubert (Minki se skoonsus, skepper vandie Lollos-reeks): Hoe balanseer jy alles enmaak jy tyd vir jouself? Hoe het jy dit tydens dieinperking ervaar?

Ek is gelukkig iemand wat nie so baie tyd vir myself nodig het nie. Ek is mal daaroor om saam met my kinders fliek te kyk, sushi te eet, te stap, fiets te ry . . . Maar my dogtertjies [Katerien, 7, Elise, 6, en Elsa, 2] is ook baie oulik daarmee om op hul eie te speel, dan doen ek my goed. Ek sê juis nou die dag vir Hanli [Brink, Minki se ander skoonsuster] ek besef ek’s ’n introvert; toe sê sy nee, jy’s net ’n huishen!

Mareli Joubert (SARIE-leser, Kaapstad): Waar kry jy jou mode-inspirasie vandaan?

Sosiale media is lekker inspirasie – ek volg ’n klomp mense van wie se styl ek hou, soos Anine Bing, die Deense model wat nou ’n klerereeks begin het. Maar jeans is nog altyd my go-to, jy kan dit mooi opdress of eenvoudig hou. Vir my is styl belangriker as mode. Dis beter om jou eie styl met selfvertroue te dra as om modes slaafs te volg.

FOTO Marijke Willems

Lize Pieterse (SARIE-leser, Eindhoven, Kaapstad): Hoe hanteer jy dit as onvanpaste aanmerkings van mans jou ongemaklik laat voel?

Dis maklik op sosiale media – ek blok hulle eenvoudig. Dit pla my eintlik nie, dis kommin en ek het nie tyd vir sulke goed nie. Maar om lelike aanmerkings oor die algemeen op sosiale media te hanteer is soms moeilik. Ek verstaan nie hoe mense aaklige kommentaar kan lewer nie; ek is geleer as jy nie iets moois kan sê nie, bly jy stil. Maar ek probeer om dit nie persoonlik op te neem nie deur myself te herinner sulke kommentaar gaan gewoonlik oor iets wat groter is as jy.

Paul Rothmann (Pasella-aanbieder): Hoe het jydie metamorfose van model, selfs sekssimbool, na ma hanteer?

Dit was ’n lang pad en iets wat ek moes bestuur. Ek wou nooit ’n sekssimbool wees nie, maar dis die werk wat ek as jong model gekry het as gevolg van my kurwes, en later is dit moeilik om daardie beeld af te skud. Ek het niks gedoen waaroor ek skaam is nie, maar moes ’n bewuste besluit neem om vir anderster projekte ja te sê. Deels gebeur dit ook vanself, want jy maak ’n groot kopskuif as jy ma word.

FOTO Marijke Willems

Michélle van Breda (SARIE-redakteur): Bring die kamera of ’n gehoor die beste in jou uit, of moet jy “werk” om dit te laat werk?

Sjoe, ek het nog nooit so daaraan gedink nie. Ek sou eerder sê professionele mense bring die beste in my uit. As jy saam met die A-span speel, lewer jy ook jou beste. Soos toe ek vir Minki onderhoude met Johan Stemmet en Pieter-Dirk Uys gevoer het. Ek was só op my senuwees, maar daai druk het my ook my beste laat doen.

Dankie aan Babylonstoren buite Franschhoek vir die neem van die foto’s in hul tuin en vrugteboorde. Kontak 0218633852, enquiries@babylonstoren.com, babylonstoren.com