Toe SARIE bel, was die akteur en sy vrou hoeka by sy skoonfamilie op Oudtshoorn, besig om ’n hout-bababedjie te bekyk wat oorspronklik Truda se ma s’n was. “Dis mooi, ons kyk wat ons daarmee kan doen,” sê hy.

Truda se swangerskap was tot dusvêr sonder enige probleme. Sy is “baie gesond en word net mooier”.

Die kleinding gaan Stian se pa se name kry: Hendrik Johannes Jacobus. Truda se pa heet toevallig Jacobus Hendrik. Maar oor die baba se noemnaam, dink hulle nog.

Hulle het nie doelbewus probeer om swanger te raak nie. “Toe ons die uitslag van die tuistoets sien, wou ek my doodlag. Jissie! Maar ons wou hom graag gehad het, dink ek! Ons is só hêppy, dis ’n wonderlike ding.”

Stian is tot Saterdag by die KKNK in Nicola Hanekom se Babbel. Hy was ook in Bos en Die vrou vantevore, waarvan die opvoerings reeds verby is.

Stian en Truda op hul troudag